Wednesday, April 19, 2006

 

Its about fuckin' time








Bietjie gekrui, die opskrif, maar dit dryf die punt huis toe.

Ek het flippen lanklaas geblog. Bietjie omdat ek niks vir die wêreld te sê het nie, maar meestal omdat ek so vrek besig is by die werk (dis waarvandaan ek blog, dammit) dat ek myself nie kan hoor dink nie, let alone vir 30 minute op 'n blogbladsy sit en sanik oor dit of dat.

Anyway, my suster Elizma kuier hier vir die week, Straight outa Montagu, en dis fun. Behalwe die bittere teleurstelling Woensdagaand. Ons het ons bes probeer om te gaan pub crawl in Polkwaan, beginnende by Sterkloop pub sodat ons ook 'n stukkie T-bone in die pens kan gooi voor die groot drink. Daarna gaan dobbel in Meropa (ekself kon so R47 wen - jippiee). En toe grooooot Cocktails gaan drink by Cock'nBull. En dis daar wat al die mense stadig maar seker bevestig het ons het inderdaad die runderpes. Anet, Casper, Magdaleen, Edrich. Almal het gesê: "Thanks, but no thanks. Gaan julle maar aan, ons het beter dinge om te doen as om saam met julle losers 'n Kleinsaterdag te vier."

So toe maak ons maar klaar en gaan ook huis toe. Shame.

Anyway, ten minste gaan ek so paar foto'tjies probeer blog van dinge wat ons wel kon doen sover saam met sussie, en dan is dit al vir vandag. Die naweek is dit hopelik weer 'n Tekken toernooi, maar ek sal nie verbaas wees as ek en Anel alleen daaroor moet spook nie. Skimp, skimp. Nie eers die virtual Super 14 wil iets met my te doen hê nie. Maar dis reg, ten minste los ek anner ouens se vrouens uit en loop ek ook nie en kla oor hoe moeg ek vir my gade is nie. Laat dit 'n les wees.


This page is powered by Blogger. Isn't yours?