Monday, May 22, 2006

 

Bierproe is nie wynproe nie...

Ja, kan jy glo.
Daar waar ek vandaan kom, hou die mense nogal daarvan om so nou en dan op 'n "wynproe" te gaan. Vir diegene wat nog nie op 'n regte egte Kaapse wynproe was nie, dit behels die volgende:

Jy het nodig: 'n voertuig want jy gaan baie ry, baie geld want jy gaan baie spandeer, 'n paar vrinne en vrindinne wat maak of hul vreeslik gekultiveerd is en kamma-kastig alles weet van rooiwyn se bouquet en neus en deursigtigheid en die verskil ken tussen 'n ligte vrugte/neutgeur en 'n swaar hout/speserygeur in 'n rooiwyn wat anyway so warm en swaar is dat g'n normale mens die verskil kan proe nie, en een vrind wat gaan bestuur omdat hy nie die geld het om wyn te proe nie en omdat julle anner "wynproewers" anyway so gespat gaan raak dat jul liewer nie moet bestuur nie.

Nou, hierbo in Limpopo is dit moeilik om so 'n wynproe te maak. Hier gaan jy net te erg ver ry, en daar is anyway maar min kelders op die wildsplase in hierdie provinsie. En in plaas daarvan om die wynproe se modus operandi te wysig, besluit ek toe die naweek om die hele produklyn te wysig.

Dis toe wat ek, Casper en Edrich besluit het ons hou Magazynstraat se eerste amptelike "Bierproe". Ja dis waar.

En vir die bierproe het jy immers net die volgende nodig:

Een huis want jy gaan nêrens heen nie, ten minste ses (6) bier varieteite wat jy nie gewoonlik drink nie, een vriendin (vrou vir party van ons) wat die goed eenkant in die kombuis in ondeursigtige glase gooi sodat die drie "judges" nie weet watter brand hulle proe nie en een telkaart waarop die punte vir die verskillende brousels toegeken word.

En om 'n lang storie korter te maak, Ek, Ed en Cas het elkeen die 6 varieteite geproe, en toe sommer klaargemaak, en ons punte toegeken. Die 6 wat ons gehad het was: Bavaria Pilsner, Sterling Light Lager, Hansa Pilsner, Heineken, Castle Milk Stout en Bavaria Malt. Let op dat ons nie geweet het watter ses ons proe nie. Elke glas was 'n surprise.

Somehow het ons almal gevoel dat Milk Stout die lekkerste vir die aand was. Vreemd, nê? Die ander was verskillend Met Bavaria Malt loshande die slegste van die lot. Let op dat Casper deurgaans al die biere die hoogste score gegee het (hy is 'n bier fan) en Ed deurgaans die laagste scores gegee het (hy is meer vir hardehout ge-tune).
Maar nou ja, dis dit, die eerste bierproe was 'n reuse sukses en ons het gevind dat ons wel nog kan dronk word as ons wil, ons is klaarblyklik net imuun teen brandewyn.

Ek heg foto's aan van die aand, vir jul kykgenot.

Die ses sondaars.














Ek dog ek is 'n Springbok bierdrinker. Miskien te vroeg beluit.....



















Casper weet nie of dit lekkerder as die vorige een was nie, en of sy palet nou net al wollerig is nie.














Ed voel die Bavaria Malt kry beslis 'n nul!














Ek hou ook niks van hierdie een nie. Miskien omdat die alcohol inhoud 0% was!



















Ed hou genoeg van hierdie een, 'n dansie is in orde om sy tevredenheid te toon.



















Die hele bierproe het Ed en Cas vrolik en in ligte luim.














Na alles is varkdoppe tog nodig, net om daai bier bitterheid te balanseer... Ky hoe kyk ek vir jou!














En ja, 'n suksesvolle bierproe aand eindig met 'n vinnige bramwyntjie voor ons die dorp aanvat tot vroegoggend toe.

This page is powered by Blogger. Isn't yours?