Sunday, February 18, 2007
1 + 1 = 3
Die wat nie wil sien hoe die Shepherd babatjie lyk nie, gaan nou weg want hierdie hele blog posting word toegewyg aan die nuwe toevoeging van ons gesin.
Die aankoms van klein Martin Shepherd (Jr) [die naam is al toegeken toe ek nog 17 jaar oud was, ter ere van my pa, Martin. Die naam is gepas omrede dit in 'n mate van familienaam is (sy oupa s'n) maar ook nog modern is deurdat ek nie die hele Johannes Marthinus ding doen nie. Dit sou by the way nie so 'n sleg plan gewees het nie aangesien skoonpa, die ander oupa, ook Marthinus Johannes in sy doopname het. In elk geval, my eerste ernstige meisie op skool moes al hoor dat my eerste seun eendag Martin sal wees, en basta. No negotiations. Wel, so 'n handjievol girls het oor die jare dieselfde reël gehad maar dit was Anel wat eventually my voor die kansel kon kry en die klein Martin kon baar.]
Anyway, daar loop ek weg met die draad van my storie. Die aankoms van klein Martin Shepherd (Jr) was Sondagoggend 11:20 am, die 18de Februarie 2007. Anel het reeds 1:20, 'n hele tien ure vroeër, in kraam gegaan, maar daai tyd van die nag is dokters nie oorgewillig nie. So jou vrou lê maar en wriemel van pyn tot so 3-uur die oggend, waarna 'n dokter eindelik kom kyk, en dan sê hy sal die narkotiseur laat kom vir die epiduraal, wat dan eers 6-uur die oggend opdaag en die naald in die rugwerwel druk (eish) wat dan tot 10-uur vat om te werk, wat lei tot die poging om die kind normaal te laat kom (want dis wat die briljante vroueginekoloog voorgestel het) net om 'n halfuur later te hoor die kind is te groot vir die bekken en 'n keisersnit moet gedoen word, wat lei tot ekstra verdowing en 'n trippie na die teater en uiteindelik, 10 uur later, skree die outjie.
Amazing. Tipies Afrika, maar amazing.
In elk geval, die outjie is uit op 4,03 kg en 55 cm. Nie te klein nie. 8.8 pond in ou taal.
Maar soos julle sal verwag, is die doel van hierdie posting nie om te praat oor die geboorte en die baba nie, maar oor die plaas van fotos van die geboorte van die baba. Weereens, die van julle wat dit nie wil sien nie, kyk weg, gaan weg. 'n Paar grillerige foto's volg.
Die eerste foto, vars uit die baarmoeder. Grillerig, maar mooi op 'n materne manier...
Oomblike later is hy afgevee, en hou wrintiewaar alreeds my vinger vas met sy klein handjie. Eintlik is dit 'n groterige handjie, want daai worsie vingers van my is nie baie klein nie.En daar is al drie van ons in die teater gelukkig. Eintlik nee. Een van ons is verlig (die ou met die bril en koplappie), die ander is is doped up op morfien (die ander grote) en die derde een is verward omrede hy weer onderstebo lê onder skerp ligte nadat vreemde monsters hom uit sy huis gepluk het so flussies.
'n Baie onvleiende foto van klein Martin, maar eintlik net om sy gewig te bewys.
En die foto wat ek na meeste mense ge e-mail het. Dis klein Martin en Anel in die recovery room na sy eerste bad en voeding. Nice.
Groetnis, ek sal met die tyd enige gebeure seker weer post, maar sal tussendeur gewone blogs ook probeer.
Monday, February 12, 2007
Long time no see
Kommentaar laaste: meer 'n vraag: Hoekom is vrouens op hul vrygewigste by troues, kitchen teas en stork parties? Hoekom is mans op hul vrygewigste in kroeë, bachelors parties en strip clubs? Hoekom raas die buurman se partytjie net as jy nie genooi is nie? En hoekom, o hoekom, moet ek vir 50 minute in 'n tou staan by die poskantoor net om as ek voor kom te hoor ek moet die pakkie by die bliksem langsaan afhaal. Ek meen, die afskorting tussen hulle is 5 voet hoog. Komaan!!