Sunday, February 18, 2007

 

1 + 1 = 3

Hier is hy.

Die wat nie wil sien hoe die Shepherd babatjie lyk nie, gaan nou weg want hierdie hele blog posting word toegewyg aan die nuwe toevoeging van ons gesin.

Die aankoms van klein Martin Shepherd (Jr) [die naam is al toegeken toe ek nog 17 jaar oud was, ter ere van my pa, Martin. Die naam is gepas omrede dit in 'n mate van familienaam is (sy oupa s'n) maar ook nog modern is deurdat ek nie die hele Johannes Marthinus ding doen nie. Dit sou by the way nie so 'n sleg plan gewees het nie aangesien skoonpa, die ander oupa, ook Marthinus Johannes in sy doopname het. In elk geval, my eerste ernstige meisie op skool moes al hoor dat my eerste seun eendag Martin sal wees, en basta. No negotiations. Wel, so 'n handjievol girls het oor die jare dieselfde reël gehad maar dit was Anel wat eventually my voor die kansel kon kry en die klein Martin kon baar.]


Anyway, daar loop ek weg met die draad van my storie. Die aankoms van klein Martin Shepherd (Jr) was Sondagoggend 11:20 am, die 18de Februarie 2007. Anel het reeds 1:20, 'n hele tien ure vroeër, in kraam gegaan, maar daai tyd van die nag is dokters nie oorgewillig nie. So jou vrou lê maar en wriemel van pyn tot so 3-uur die oggend, waarna 'n dokter eindelik kom kyk, en dan sê hy sal die narkotiseur laat kom vir die epiduraal, wat dan eers 6-uur die oggend opdaag en die naald in die rugwerwel druk (eish) wat dan tot 10-uur vat om te werk, wat lei tot die poging om die kind normaal te laat kom (want dis wat die briljante vroueginekoloog voorgestel het) net om 'n halfuur later te hoor die kind is te groot vir die bekken en 'n keisersnit moet gedoen word, wat lei tot ekstra verdowing en 'n trippie na die teater en uiteindelik, 10 uur later, skree die outjie.


Amazing. Tipies Afrika, maar amazing.


In elk geval, die outjie is uit op 4,03 kg en 55 cm. Nie te klein nie. 8.8 pond in ou taal.


Maar soos julle sal verwag, is die doel van hierdie posting nie om te praat oor die geboorte en die baba nie, maar oor die plaas van fotos van die geboorte van die baba. Weereens, die van julle wat dit nie wil sien nie, kyk weg, gaan weg. 'n Paar grillerige foto's volg.



Die eerste foto, vars uit die baarmoeder. Grillerig, maar mooi op 'n materne manier...

Oomblike later is hy afgevee, en hou wrintiewaar alreeds my vinger vas met sy klein handjie. Eintlik is dit 'n groterige handjie, want daai worsie vingers van my is nie baie klein nie.

En daar is al drie van ons in die teater gelukkig. Eintlik nee. Een van ons is verlig (die ou met die bril en koplappie), die ander is is doped up op morfien (die ander grote) en die derde een is verward omrede hy weer onderstebo lê onder skerp ligte nadat vreemde monsters hom uit sy huis gepluk het so flussies.


'n Baie onvleiende foto van klein Martin, maar eintlik net om sy gewig te bewys.

En die foto wat ek na meeste mense ge e-mail het. Dis klein Martin en Anel in die recovery room na sy eerste bad en voeding. Nice.

Groetnis, ek sal met die tyd enige gebeure seker weer post, maar sal tussendeur gewone blogs ook probeer.












Comments:
hey buddy, ja...ek het ok so bietjie vasgebrand met die blog ding, so no worries.

Maar eers wil ek geluk se met die klein ding, en aan julle. Ek was daar toe jy vir ed gebel het om te se dat jy pa is...

So hopelik het ed jou vertel dat ek en anny en casper en sy fluzzie, en zellie daar by ed gesit en skinner het oor wanneer jy nou gaan pa word toe die tellefoon lui en jy ons presies toe inlig oor waar en wanneer.

Tweedens is ek flippen bly dat jy besluit het dat stormers rugby suig en dat jy nie jou seun die onreg sal aandoen en hom weerhou van om n blou bul te weessie.

Right, en ek skat ek het nou al redelik baba's in my lewe gesien en joune is versekker 'n looker onder wit babatjies.

ongelukkig rekken ek dat wit babatjies die lelikste van alle babatjies is....swart babatjies is die mooiste...ek rekken dis omdat swart babatjies dit meer nodig het om te survive.

So all in all is ek moerse chuffed met julle en dat jul gesond is en die baby uiteindelik daar is, maar ek eindig met die belangrike vraag wat ek vir alle nuwe ouers vra: wat nou van die honde en die budgies?

en die antwoord is soos volg: www.marktplaatz.com...mens kan enige iets daar verkoop.

strongs.
willem
 
Post a Comment



<< Home

This page is powered by Blogger. Isn't yours?