Friday, March 02, 2007

 

En die Mullets

Ek het gesê ek sal van tyd tot tyd ander goed blog as die baba.

Wel, ek weet nie of die inwoners van Thabazimbi beter materiaal is nie, maar ek probeer darem.

Viva die Waterberg!

 

Net nog 'n paar

Aangesien dit nou maar die tweede bestaans week van klein martin is, gaan ek nog 'n paar foto's blog, maar dan sal ek wag totdat iets daadwerkliks gebeur het - soos 'n kruip of 'n tand wat uitgekom het. Julle verstaan.

Vir oulaas:

Sunday, February 18, 2007

 

1 + 1 = 3

Hier is hy.

Die wat nie wil sien hoe die Shepherd babatjie lyk nie, gaan nou weg want hierdie hele blog posting word toegewyg aan die nuwe toevoeging van ons gesin.

Die aankoms van klein Martin Shepherd (Jr) [die naam is al toegeken toe ek nog 17 jaar oud was, ter ere van my pa, Martin. Die naam is gepas omrede dit in 'n mate van familienaam is (sy oupa s'n) maar ook nog modern is deurdat ek nie die hele Johannes Marthinus ding doen nie. Dit sou by the way nie so 'n sleg plan gewees het nie aangesien skoonpa, die ander oupa, ook Marthinus Johannes in sy doopname het. In elk geval, my eerste ernstige meisie op skool moes al hoor dat my eerste seun eendag Martin sal wees, en basta. No negotiations. Wel, so 'n handjievol girls het oor die jare dieselfde reël gehad maar dit was Anel wat eventually my voor die kansel kon kry en die klein Martin kon baar.]


Anyway, daar loop ek weg met die draad van my storie. Die aankoms van klein Martin Shepherd (Jr) was Sondagoggend 11:20 am, die 18de Februarie 2007. Anel het reeds 1:20, 'n hele tien ure vroeër, in kraam gegaan, maar daai tyd van die nag is dokters nie oorgewillig nie. So jou vrou lê maar en wriemel van pyn tot so 3-uur die oggend, waarna 'n dokter eindelik kom kyk, en dan sê hy sal die narkotiseur laat kom vir die epiduraal, wat dan eers 6-uur die oggend opdaag en die naald in die rugwerwel druk (eish) wat dan tot 10-uur vat om te werk, wat lei tot die poging om die kind normaal te laat kom (want dis wat die briljante vroueginekoloog voorgestel het) net om 'n halfuur later te hoor die kind is te groot vir die bekken en 'n keisersnit moet gedoen word, wat lei tot ekstra verdowing en 'n trippie na die teater en uiteindelik, 10 uur later, skree die outjie.


Amazing. Tipies Afrika, maar amazing.


In elk geval, die outjie is uit op 4,03 kg en 55 cm. Nie te klein nie. 8.8 pond in ou taal.


Maar soos julle sal verwag, is die doel van hierdie posting nie om te praat oor die geboorte en die baba nie, maar oor die plaas van fotos van die geboorte van die baba. Weereens, die van julle wat dit nie wil sien nie, kyk weg, gaan weg. 'n Paar grillerige foto's volg.



Die eerste foto, vars uit die baarmoeder. Grillerig, maar mooi op 'n materne manier...

Oomblike later is hy afgevee, en hou wrintiewaar alreeds my vinger vas met sy klein handjie. Eintlik is dit 'n groterige handjie, want daai worsie vingers van my is nie baie klein nie.

En daar is al drie van ons in die teater gelukkig. Eintlik nee. Een van ons is verlig (die ou met die bril en koplappie), die ander is is doped up op morfien (die ander grote) en die derde een is verward omrede hy weer onderstebo lê onder skerp ligte nadat vreemde monsters hom uit sy huis gepluk het so flussies.


'n Baie onvleiende foto van klein Martin, maar eintlik net om sy gewig te bewys.

En die foto wat ek na meeste mense ge e-mail het. Dis klein Martin en Anel in die recovery room na sy eerste bad en voeding. Nice.

Groetnis, ek sal met die tyd enige gebeure seker weer post, maar sal tussendeur gewone blogs ook probeer.












Monday, February 12, 2007

 

Long time no see

Wel ja, ek is ook uit die steentydperk. Ek was nog besig op die ou Blogger laas jaar en het sit en wag vir Beta, nou sien ek Beta is ook al weer verby so ek het nou ge"upgrade" na die nuwe Blogger en sal sien wat nuut is so met die tyd saam.


Ek het bitter lanklaas geblog, want dit was vakansie en dit was baie werk en tussendeur die baba stories en alles. Maar dis seker nodig dat ek vinnig begin blog, want die baba (klein Martin) gaan enige oomblik sy verskyning maak en dan sit ek en slaap wat die blog aanbetref. Julle sal seker 'n belaglike hoeveelheid foto's van 'n lelike gerimpelde klein pienk dingetjie op hierdie blog sien een van die dae. En nee, ek praat nie van die onnoembare nie...


Dis net, ander mense se babatjies lyk maar altyd so half gruwelik. So ek neem aan my laaitie sal ook nou nie juis 'n klein oil painting vir julle ouens wees nie, maar ek verstaan. Ekself het al vir menige trotse ouer 'n fake smile opgesit en gemompel hoe "oulik" die kleinding is, terwyl ek eintlik wonder hoe hulle die honde van die outjie af weghou. Net 'n grappie.


Anyway, ek sal almal sms en e-mail as die groot oomblik gekom het.


Ek wil ook aan Willem Espag sê dat ek bitter jammer is ek het nooit reageer op sy comments nie. Ek het eerlikwaar eers vandag weer na my blog gekyk en toe sy comments gesien. Jammer ek is laat, 'n "skinner rubriek" is seker nou nutteloos synde jy weer terug in die land is. En vra vir Ed van die niggie ding.


Verder gaan ek oudergewoonte weer hierdie jaar my blog gebruik as 'n hulpmiddel vir sosiale kommentaar. Min genoeg mense lees die ding so ek sal nie op te veel tone trap nie. En ek gaan ook minder name noem. Net die mense wat weet sal weet. Jy weet. I aint sayin' yes and I aint sayin' no, I'm just sayin' you know what I'm sayin'?


Kommentaar 1: Ek is verheug oor die vordering van die verhouding tussen 'n sekere paartjie. Hulle lyk quite orraait saam, en nie een is 'n betreklik negatiewe invloed op die ander nie. Ek voorsien net goeie dinge uit daai verhouding voortspruit, en wens hulle voorspoed toe. Maar op 'n stadium moet mens se familie ook net weet wat aangaan. Behalwe as jy dink jou familie is die oorsaak van vorige mislukte verhoudings. Ek weet nie.


Kommentaar 2: Ek wonder of daar nog 'n skerfie verhouding oor is by die ander man. Hulle sms nog so nou en dan mekaar, en ek weet nie of daar so nou en dan nog 'n smk ook is nie (sondag middag knippie). In ieder geval, uit daai ene gaan ek uitbly, ek gaan te veel na my ma klink as ek goed sê soos "Die Wiel draai" en "'n donkie stamp sy kop net een keer".


Kommentaar 3: Stormers rugby sucks. In fact, mens kan dit nie eers rugby noem nie. Stormers skeloeloe sucks.


Kommentaar 4: Protea krieket lyk op dreef. Ek voorspel steeds 'n semi final plekkie in die Wêreldbeker oor twee maande.


Kommentaar 5: Die onderstaande mannetjies is moer funny. Genuine. Kyk hulle Sondagaande om 22:00 op MTV. Jy sal jou breek. Wel, ek en Ed doen.


Kommentaar laaste: meer 'n vraag: Hoekom is vrouens op hul vrygewigste by troues, kitchen teas en stork parties? Hoekom is mans op hul vrygewigste in kroeë, bachelors parties en strip clubs? Hoekom raas die buurman se partytjie net as jy nie genooi is nie? En hoekom, o hoekom, moet ek vir 50 minute in 'n tou staan by die poskantoor net om as ek voor kom te hoor ek moet die pakkie by die bliksem langsaan afhaal. Ek meen, die afskorting tussen hulle is 5 voet hoog. Komaan!!


Sunday, December 17, 2006

 

Laaste blog voor Krismis

Wel, miskien sal ek nog een op Vrydagoggend indruk, net voor ek en vroulief Kaap toe vlieg vir die feesgety. Ek gaan weer af, hoofsaaklik om vir mammie en pappie geskenkies te gee (synde ons so ver agter is wat geskenke betref, ons ouers het amper hul rue gebreek vir ons in die ou dae, so ons skuld hulle alles wat ons het).

Ek gaan nie, soos sommige ander mense, kyk of ek een van my niggies kan spyker op Kersdag nie. Shocking.

Anyway, on popular request, plaas ek nog 'n foto van Minki innie bad. Daar is net drie geneem, en ek het nou al vir julle 2 geplaas, so wees dankbaar.

En terwyl ek nou op hierdie tipe onderwerp is, plaas ek ook 'n ou foto'tjie vir die sag en volrond website. Dis nie baie blatant nie, net so bietjie pikant. Julle kry die idee....


En dan, met oujaarsaand in gedagte, die tipe van girl wat ouens soos ons van hou. Hierdie girls weet presies wat ons nou rerigwaar in die lewe nodig het na 'n lang jaar op kantoor...


En dan, as 'n vroeë Kersgeskenk, vir daai ouens wat meer van die fliek Spanglish gehou het as wat goed is vir hulle....



Wednesday, December 13, 2006

 

Christmas wishes from my lawyer....seriously

Please accept with no obligation, implied or implicit, my best wishes for an environmentally conscious, socially responsible, low stress, nonaddictive, gender neutral celebration of the summer solstice holiday, practiced with the most enjoyable traditions of religious persuasion or secular practices of your choice with respect for the religious/secular persuasions and/or traditions of others, or their choice not to practice religious or secular traditions at all.

I also wish you a fiscally successful, personally fulfilling and medically uncomplicated recognition of the onset of the generally accepted calendar year 2007, but not without due respect for the calendars of choice of other cultures whose contributions to society have helped make our country great (not to imply that South Africa is necessarily greater than any other country) and without regard to the race, creed, colour, age, physical ability, religious faith or sexual preference of the wishee.

By accepting this greeting, you are accepting these terms:
This greeting is subject to clarification or withdrawal. It is freely transferable with no alteration to the original greeting. It implies no promise by the wisher to actually implement any of the wishes for herself or others and is void where prohibited by law, and is revocable at the sole discretion of the wisher. This wish is warranted to perform as expected within the usual application of good tidings for a period of one year or until the issuance of a subsequent holiday greeting, whichever comes first, and warranty is limited to replacement of this wish or issuance of a new wish at the sole discretion of the wisher.

Disclaimer: No trees or animals were harmed in the sending of this message; however, a significant number of electrons were slightly inconvenienced

Tuesday, December 12, 2006

 

Minki innnie bad....

Die storie was so ruk gelede innie koerante. Pieter Smith (geen familie van sukkelende Protea-kaptein Graeme Smith nie) is daarvan beskuldig dat, toe hy en Minki van der Westhuizen uitgegaan het vir so rukkie nadat Minki en die einste Protea-kaptein Smith se paaie vir oulaas geskei het, hy foto's van haar geneem het waar sy in die bad lê met 'n glas sjampanje in die hand, en toe soos 'n fool die goed op die internet loop versprei het.

Smith (Pieter) het alles ontken. En die van julle wat al na Piet Smith se liedjies probeer luister het (vir die wat nie weet nie, hy is so 'n kruising tussen Jak de Priester, Kurt Darren en die Bosveldklong, as so iets moontlik is) sal besef dat Pieter heel moontlik die waarheid praat. Hoofsaaklik omdat hy eerstens nie slim genoeg is om foto's op die internet te kan plaas nie, en tweedens omdat hy nie die ballas het om Minki in die bad te betrap en foto's daarvan te neem nie.

In ieder geval, ek post nogtans die foto wat die koerante in die hande gekry het, net om te wys dis nie so 'n big deal nie. (P.S Minki het by navraag bevestig een van haar vriendinne het die foto geneem op 'n drinke- aand)

En verder wil ek ook net vir die pret 'n foto plaas van die llama. Dit herinner aan een van ou Ed se gunsteling sê-goed, maar ook op 'n manier aan twee van ons gunsteling animasie programme op MTv, oftewel, cartoons: "Chico & Guapo" en "Where my Dogs at?"


En dan 'n laaste comment, wat weer verwys na die ouens hier buite op Dalmada wat so sukkel met hul bure se gemors. Klaarblyklik is huishoudelike rommel nie al wat deesdae in die strate rondlê nie, maar sommer riool ook. Die uwe keur dus aanhoudend onderverdelings op die plotte af, maar die manne bou nog onwettig. En dan het mense soos Andre die volgende te sê vir hul bure op groot borde op hul hekke:

"No fucking dumping.

To any uneducated, uncivilized, illiterate uncultured son of a bitch who dares to dump here. You will be fucked up on site and your remains will be dumped into the trash of the same mentality of what you are.

PS. If any problems or queries arise from this notice, please do not hesitate to raise your complaints in person at plot 38.

Fuck you

Andre. "


Monday, October 30, 2006

 

The downward spiral

Hierdie week is ek heeltemal in die bui om net foto's te post. Nie veel geselsies nie. Soos Elvis sou sê: "A little less converstion, a little more action please"

Hierdie stel foto's wys wat kan gebeur met 'n girl as sy met die verkeerde vriende deurmekaar raak en begin om wit lyntjies beter te leer ken as haar familie, en dink haar beste vriend se naam is Jack Daniels....



 

Oppierims kan lei tot kneusplekke...

Almal ken nou al vir Ed en sy blog genaamd Oppierims. Sien, Ed was op 'n tyd taamlik gesteld daarop dat sy meisies "oppierims" moet wees, menende hy het nie gehou van enige sagte dele nie.

Hy is darem nie deesdae meer so erg gepla daaroor nie, en die foto's wys dat dit in die eerste plek dalk nie 'n goeie idee was nie....


 

Te groot

Hulle sê: "Size doesn't matter". Die volgende klompie foto's is teenstrydig....



 

Kodak oomblikke

Ons almal hou van foto's neem. Vandag post ek gou 'n paar foto's wat ek wens ek self geneem het....

This page is powered by Blogger. Isn't yours?