Thursday, February 09, 2006

 


So nou en dan moet mens nader kennis maak met die mense wat saam met jou werk.
Want Partykeer is hulle interessante mense.
Veral as jy die eerste 28 jaar van jou lewe in die Kaap deurgebring het.
Dan is die Boere uit die Bosveld interessante mense.
En, al loop ek gevaar om na slegs 2 jaar en 6 maande in Pietersburg reeds na 'n Noord-Transvaler te klink, vind mens dat van die (wit) mense hierbo is die tipe mense wat jy nog jou lewe lank wou ken.
Maar, aan die ander kant, kan mens ook redeneer dat ons nie juis van mekaar verskil nie. Al skree ons vir verskillende rugbyspanne, het ons op 'n manier dieselfde uitgedraai. Op 'n manier het ons, toe ons mekaar in 1838 met die Groot Trek laas gegroet het, deur amper 170 jaar of 3 geslagte deur bykans dieselfde uitgedraai, sowat 2000 km uitmekaar uit.
In die Kaap drink die manne net so graag 'n bramwyntjie as die manne hierbo. Soms gooi ons almal hom enkeldiep in die glas. Sure, party gooi die ys eerste en party gooi die Coke eerste en party gebruik die Coke net vir kleur en party gebruik sommer Creme Soda of Fanta, maar dis op die ou end dieselfde varkdop.
In die Kaap braai ons net so graag 'n stukkie vleis. Miskien is dit kakker hout en miskien is dit soms 'n snoekie of skaaptjoppie in plaas van 'n fris steak, en miskien is die krokodil 'n ontbeende skaapribbetjie met bacon en kaas in toegevou terwyl die krokodil hierbo regte krokodil is, maar nietemin, daar is vlamme, daar is die reuk van rook, daar is kole en die reuk van braaivleis. En die Bramwyn.
In die Kaap hou ons ook van visvang, en 4x4 ry, en jag, en girls, en pubcrawling en al daai goed. Ons praat ook Afrikaans, al is die aksent anders, maar ons moet so nou en dan met Engelsmanne praat terwyl die ouens hierbo so nou en dan met Pedi's moet praat.
Wat ek eintlik wil sê is, ek is baie bly ek kan saam met Bosvelders kuier deesdae al mis ek die Kapenaars. Ek is baie bly ek het in Suid Afrika gebly destyds toe almal oorsee is, en het my tyd gedoen in Suid Afrikaanse firmas om genoeg ondervinding te kon opdoem om nou te kan werk by Pietersburg Munisipaliteit sodat ek kan vleis braai op hardekool vure saam met Kobus Burger en Johan Blom en Louis en Manfred by 'n munisipaliteit teambuilding (foto van my en Kobus aangeheg, let op die Mythbusters T-shirt).
Ek is bly ek kan Tekken toernooie speel (en laaste eindig) saam met Willem Espag (wat meestal wen en soms verloor) en ook saam met hom fly-fishing oefen, met sy equipment. Ek sal nog opmaak eendag, dude.
Ek is bly ek kan pubcrawling doen van 5 tot 2 saam met Chippie.
Ek is bly ek kan saam met Casper en Edrich 'n emmer fruitpunch maak en onsself slushed out of our tits drink, of sommer net heel aand sit en DSTV kyk met die odd one-liner tussen ons.
Ek is bly ek kan soms gaan braai by Anet en Jakob, en soms foto's neem van Mariska wat uitgepass het op my rooi sitkamerbank.
Ek is bly ek kan luister na Rammstein, Nitty, Belinda Carlisle en Klopjag, op dieselfde aand, sonder om te dink dis vreemd.
Ek is bly ek kan dit oorweeg om saam met Edrich 'n "wedrenspan" te stig sodat ons stock cars kan ry om die 'racing oval', of dalk 'n boskar te koop sodat ons kan Doorndraai dam toe ry om ons slushed out of our tits te gaan val met 'n jet-ski.
Ek is baie bly ek kan saam met almal van hulle Metallica gaan kyk in Centurion 18 Maart.
Ek is bly ek kan goed sê soos: Bramwyn, Soos in die ou dae, Inniehol, I reject your reality en substitute my own, Spyker, Ek staan deesdae baie meer, en maak of ek aan iemand se 'spene' trek langs my mondhoeke sonder dat iemand dink ek is van my kop af.
En ek is bly Anel is hier saam met my om al hierdie lawwigheid te ervaar, en om tien teen een eendag saam met my kinders te probeer grootmaak in die land van Die Rooi Daisy, terwyl ons, as 'n bonus, steeds die geleentheid gaan hê om so nou en dan Kaap toe te gaan om vir Oumas en Oupas, swaers, skoonsusters en ou pelle te vertel van al die lekkerte in die Noord Transvaal.
Nag ou grote.

Comments:
buddy, jy roer my hart...dit was regtig nice gewees...een vraag? jy't die super 14 vergeet...verwag jy dat jou spanne dit dalk gaan misval?...ek spot net...laas toe ek so gepraat het het ons teen die mielie boere gesneuwel.

Regtig, ek het die een geniet...en ek wonder soms hoe kry jy dit reg om so mooi te skrewe...
ps. ek is al vandag (dis nou donderdag die 9de) by die huis, maar het jul nie laat weet nie, omdat ek op 'n blind date was...hy was nogal blind...maar mens kan altyd doen met nog 'n vriend of twee.

so ek sien julle so net na 5/6/7 uur more (vrydag die 10 feb. 2006) as ek klaar gewerk het...

ek hoop jy sien uit, dis jool tyd en my gat brand om een of ander rede.

groetniss en groete aan jou vrou
van willem
 
Wat gaan ons doen? moet ek iets bring? moet ek voor die tyd drink? hoeveel? wat? wanneer?...nou, ok...
 
Maruis,

Ek gaan 'n link na jou blog sit op my blog - ek hoop nie jy gee om nie..

Ek voel ek moet die met ander deel

Jaco Brielie
 
Post a Comment



<< Home

This page is powered by Blogger. Isn't yours?