Friday, March 17, 2006

 

Metallica om die draai


Ja ja, dis al waaroor ons praat, maar komaan, dis maar net The Grandfathers of Metal en so paar anner outjies ook soos Seether en Spoonfeedas en Collective Soul wat bietjie gaan skud. En dis goed vir ouens soos ek, wat iets soek swaarder as Jurie Els en selfs swaarder as Robbie Williams en Bryan Adams en selfs swaarder as Bon Jovi en Def Leppard, maar nie so swaar soos Korn en Slipknot nie.

Die swaarste wat ek sal vat is Metallica en Rammstein, met die algemene spektrum basies ouens soos Nirvana, Offspring, Sum41 en ook bietjie Blink182.

Anyway, die punt is, ons gaan Centurion toe om Metallica en die ander latte live on stage te sien. Ek, Anel, Edrich, Casper, Liana, Mariska, Willem, Josef is die Boksombende. En ons gaan woes kuier, ek voel dit so aan my binnehare. Selfs vanaand al met die rugby in Pretoria sal Hatfield se joints moet verbykom.

Wel, dis al wat ek eintlik wil sê nou, maar ek sal darem vir my manlike lesers ietsie ekstra los, net in case hulle dink ek skeep af op my blog. (Die vroulike lesers gee nie om wat ek sê nie, so whatever)

Comments:
GOEIE MOER.
Dis die beste.
 
Sjoe daai tannies mag maar en ja, dit was 'n great party...ek moet erken dat selfs metallica so bietjie swaar is vir my smaak...my smaak val maar by simple plan, collective soul en die finkelsteins...maar daai ou toppies mag maar. ek hoop jy's uitgerus na die naweek, ek het van jul kussings hier by my tuis en 'n belt en nog 'n paar dinge.

jammer dat ek so klein blaas het, ek hoop jul het lekker verder gery.

groete
wortel willem
 
Jaaa...a!!

Hulle is klaar ge-'liaseer' in my Spesiale prentjies folder...

Die een met die 54 alpha numeriese password wat gezip word !!
 
Post a Comment



<< Home

This page is powered by Blogger. Isn't yours?