Monday, July 10, 2006

 

Okay, Okay, voor iemand my bliksem.....

Dan sal ek nou maar 'n ou ietsietjie blog, want ek hoor die skares daar buite raak ongeduldig dat die herder nou nie meer aandag gee aan sy blog nie.

Ek hoef natuurlik geen redes te gee nie. Maar ek sal, want ek wil, so ek gaan, want ek kan:

Eerstens het Eddy se blogs die afgelope tyd sewe soorte blou vlieënde crap met kolle op uit my depress. Ek wou sê dat ek nog geen ou so erg sien sulk en onnodiglik filosofeer het oor 'n 17 dae skippie wat met boeg en seile en alles op die rotse loop stukkend moer het nie, maar toe onthou ek: ek is gewaarsku. Ou Cas en die Saint het al voorheen vir my duidelik laat verstaan, dat as ou Ed eers op 'n skippie klim (en ek hoor hierdie skippie het sommer gou-gou gewip-wip op stywe brandertjies) dan geniet hy die sout seeluggie so terdeë dat hy sommer vergeet hy't 'n crew, en dat hy nogal geneig is om sy trots totaal by die cot uit te gooi as die skippie sink. Dis reg, Ed, ek kan darem getuig dat dit al heelwat beter met jou gaan, so ek is nie meer depressed nie, so ek blog weer.

En so gepraat van goed uit 'n cot gooi, dis seker net reg dat ek op my blog die nuus sit. Wat teen hierdie tyd al ou nuus is, maar omdat die Saint op sy blog skimp daarna en my so soortvan verplig om iets te sê, sal ek nou maar aan my blog lesers net weer bevestig:
"Ja, ek en Anel verwag ons eersteling, en hy/sy sal teen so Februarie sy/haar pienk voetjies in ons huisie rond skop." (Luister na applous.) Ek heg 'n ou foto'tjie aan van die eerste sonar. Nie dat mens iets kan uitmaak nie, maar ek sal 'n beter een later opsit.

















Daarom is ek nou nog meer tuis as voorheen, Anel kan obviously nie meer die rook daar in Gamblers trotseer nie. Ek en Ed was nou die aand weer daar (dankie Anel) maar dis maar soos altyd: 'n ou staan daar rond, dans soos 'n flamink wat gif ingekry het en gaan huis toe. Nietemin, ek sal net vir entertainment value vir Ed so twee foto'tjies aanheg, om Gamblers te vergeet en om so bietjie te onthou hoe dryfbaar sy skippie was. Sorry ou, ek moes net.

Comments:
Uuuum ja. Wel. Um. Wat kan ek nou sê? Thanks ou, nie heeltemal dieselfde girl nie, maar amper. Atleast blog jy weer, al is dit net om my kak te byt.
 
ha ha buddie, gedog ek gaan die eerste wees om die blog te lees...maar die alomteenwoordige ed het my een voorgespring. geluk met die dit was besig is om te ontwikkel in 'n sy/hy...ons het nog net 9 maande oor om onsself so onverskullig te hanteer soos ons wil...so kom ons gaan groot. jou da is getel kaapenaar. en waarom mis ek altyd die kuier sessies waar mens soort van kan score...dammit
 
improved search engine ranking seo submission backlink service forum backlinks
 
Post a Comment



<< Home

This page is powered by Blogger. Isn't yours?