Tuesday, July 11, 2006

 

Superheroes het ook af dae

Ek sien Oppierims het nog nie kommentaar gelewer nie, maar ek weet hy wil baie graag. So ek sal nie sy thnder steel nie. Ek gaan net 'n hint gee: Die herder en oppierims het veel meer verwag van Superman Returns. Die hoofkarakters over act en daar is te min verander aan die persoonlikheid van Superman self (dis 'n oksimoron, ek weet. Superman is nie bekend vir sy persoonlikheid nie)

Nogtans, dis vreemd dat selfs in 2006 Superman deur mure sal kyk met sy X-ray vision maar nooit Lois Lane verder sal verken nie. Of enige ander hot chick for that matter.

Hy dra nog steeds 'n fokken belaglike rooi onderbroek bo-oor sy blou tights. Sy boots het baie ge-upgrade en sy badge op sy bors ook, maar die hele Superman suit is basies net donkerder. Arme Christopher Reeves moes laas nog met daai bekotsenswaardige helder rooi en blou speelpakkie rondvlieg. Batman en Spiderman en selfs The Hulk het in hul laaste flieks interessanter outfits gekry, maar ou Superman het selfs nog dieselfde weerbarstige krul op die voorkop. Maar o ja, dis sy vermomming; as hy sy hare kam in 'n paadjie aan die regterkant, is hy Clark Kent en kan selfs Lois Lane wat 'n kind saam met hom gemaak het hom nie herken nie. Yeah right.

Maar ek gaan te ver. Laat Eddie vir julle op sy blog verduidelik hoe Superman 'n pendeltuig van 'n boeing kan lossny met sy lazer-eyes, maar steeds nie die kaas kan sny nie, if you know what I mean...

En so gepraat van superheroes. Van ons hier in Pietersburg is ook Superheroes. Maar nie soos Superman nie. Meer soos die Fantastic 4. Sien, party van ons is bietjie groterig en effe onaansienlik, soos The Thing. Ander is weer geseënd en kan dele van hul liggame merkwaardig laat "rek". Ander is meestal invisible, veral oor naweke, en party kan spontaan vlamvat soos The Torch. Laat ek vir julle 'n foto'tjie aanheg ter verduideliking:



















En dan moet daar altyd 'n villain wees in enige Superhero sage. In Superman Returns was Kevin Spacey nogal 'n heel sharp Lex Luthor. Hy is duidelik die mees ervare akteur in die fliek en is baie gemaklik voor die kamera en nie so aansitterig soos die hoofspelers nie. Anyway, in ons lewens is die villains seker maar poedels. Veral Cas gaan swaar gebuk onder die vilainess van poedels. Daarom heg ek 'n foto van die arch villain poedel.
Maar tipies van die villain wil hy my nie laat slaag nie. Die arch villain poedel weier om geblog te word. Dammit.

Dan is dit dit. Arriewarrie, maatjies, ons praat later weer. En o ja, geluk met jou verjaarsdag, Anet. Gaan groot.

Comments: Post a Comment



<< Home

This page is powered by Blogger. Isn't yours?