Wednesday, August 02, 2006

 

Is scoring chauvinisties?

Teen my beterwete in, gaan ek nog 'n blog aftaan aan Ed. Of ten minste aan 'n topic wat ek en hy so onlangs al 'n paar keer aangeraak het.

Kom ek begin by die begin.

Lank terug, nog voor ek die wonderbaarlike geure en kleure van die Limpopo provinsie kon ervaar, was ek 'n jongman in die Kaap. (ek bedoel die actual Kaap, en nie George of Beaufort Wes of Uppington, soos die Noord Tranvalers dink alles Kaap is nie).

In die actual Kaap (jy moet Tafelberg kan sien) het ons, en ek glo al die ander jong manne van my ouderdom, of selfs ouer, van dwarsoor die wêreld, die liederlike gewoonte gehad om girls te score, op looks. 'n Groepie van ons sou sit op 'n plek, en elke arme meisie wat verbyloop het 'n telling uit tien gekry. "Daar gaan 'n 6," "o jinne, daar gaan 'n 4," "hey, ouens, daai's 'n 9!"

Nodeloos om te sê, dit was alles baie diskreet, en ons het nie die girls laat weet watse score hulle werd was nie.

Wat ek ook hier moet noem, is dat die score selde eenparig was: party ouens se 9's was ander se 6'e en party ouens se 2's was ander se 7's. Soos jou ma jou geleer het, smaak verskil, jy sien. Vir party ouens sit lang swart hare outomaties 3 punte by die score, en ander ouens trek summier 5 punte af as die tieties te plat is.

En nou kom ek by my en Ed se topic. Soms gesels ons oor die girls in sy lewe, in tye van oorvloed en in tye van droogte. Meeste van die tyd kla hy die droogtes is te veel. En dan sê ek sy standaarde is te hoog en dan verskil hy van my. "Ek hou waarvan ek hou" is sy standpunt.

Ligtelik het ons ook gespot op die minimum score wat enige girl behoort te kry, wat 'n 2 is natuurlik. Een punt vir vroulik, en een punt vir wit. Daarna kom punte vir ouderdom, body, gesig, klere en algehele sexyness. Reg of verkeerd, as ons dit nie openlik doen nie, doen ons dit in ons onderbewussyn.

Anyway, al gaan ek die blog nou stomp afsny, is dit maar al wat ek wou sê, hoofsaaklik om kommentaar te ontlok. Ek wou hoor of ander ook dink hierdie scoring so erg verkeerd en of dit nog plaasvind op ons ouderdom. En dan wou ek weet van watter score af die single ouens onder julle dit oorweeg om fisies te raak (en hoeveel punte 'n paar biere bylas by die score.) In my opinie is dit onnosel om looks te score sonder om persoonlikheid in ag te neem, maar dis net ek…. En verder, score die girls daar buite nie maar ons ouens ook nie??

En dan wou ek net 'n paar foto's bylas om te wys hoe so ‘n puntestelsel sou werk:Ek begin by 'n 10 en werk af na 'n 2 toe...... Tel dit af: 10, 9, 8, 7, 6, 5, 4, 3, 2, en ek kon nie laer as dit nie!
(nie noodwendig my eie opinie nie)






























Comments:
Aha. Baie nice topic.

Ek glo nie rerig mens gee deesdae meer 'n score as wat jou onderbewussyn dit outomaties doen nie. Party meisies het net daardie x-factor waarvan mens praat en dit verneuk jou scoring stelsel so effens. Dit kom gewoonlik in na so paar biere. Dan sien jy goed raak wat jy gewoonlik nie kan raaksien nie. Maar dit gebeur net as jy daarop uitgaan om die funky-monkey te doen.

Sovêr my smaak in meisies gaan. My laaste 2 of 3 meisies was meisies gewees(obviously) wat ek gewoonlik nie rerig 2 keer na sal kyk nie. Maar ek het hulle geleer ken en van hulle persoonlikhede meer as hulle looks gehou. Deesdae waardeer mense dit nie eers meer as jy feitlik ordentlik is nie. Hulle like dit meer as jy hulle net wil gebruik. (4kweet). Ek glo julle sal saamstem dat ek deesdae meer afwyk van my 'op-die-rims-buxom-irish-look' meisies en meer gaan na die persoonlikheid aspek van meisies. Ek meen, 'n mooi girl wat 'n bitch is, raak lelik, maak nie saak hoe mooi sy van buite is nie. En net so raak 'n average girl moer mooi as sy 'n baie nice persoonlikheid het. Hang net af hoeveel kak jy moet opvreet(spreekwoordelik)

Maar scoring vind nogsteeds plaas, net op 'n ander manier. Sy is of mooi of nie of so-so of na-so-paar-biere (Casper ken daai een baie goed). Ons gee nie rerig meer punte nie.
 
Netta, jy's verfokken sekker nie 'n seun nie...want alle mans score...so da het julle dit...girls score nie???

wel, wat ek al gesien het is dat dames wel weet wat 'n lekker stukkie vleis is en wat nou maar net nie is nie....

so, dan moet girls ook score hou met ouens...al is dit dalk nie nummeries nie...dalk gee hul ons alfabet letters of iets soos Aaaaaaaaaaah of zjizzzzz jy's lelik?

mens weet nooit met vroumense nie.
 
Post a Comment



<< Home

This page is powered by Blogger. Isn't yours?