Tuesday, September 05, 2006

 

Hoerpons kan lei to leeuloop

Ja, dit was toe so.
Baie van ons was toe daar na die plaas toe om Ed se 25ste te vier.
Van ons, en ek hoef nie eens name te noem nie, het spesifiek nie opgedaag nie omdat Die Herder en Sy Vrou daar was. (En moenie dit probeer ontken nie, ek is ouer as tien). Jammer Ed, ons het nie bedoel dat van jou oudste vriende jou verjaarsdag moes mis omdat ons daar was nie. As ons vooraf geweet het dit sou so wees, sou ons die knie gebuig het.

Maar nou ja, ons was nou daar en het dit vreeslik geniet, ten spyte van sommige se verdriet. En soos sommige lesers sal agterkom, was daar dinge wat lekker rof uitgedraai het. Dis hoe hierdie tipe partytjies hoort. En alhoewel ek oortuig is van die gaste soos Willem en Ed self sal ook nog foto's op die blog plaas, gaan ek nog steeds hierdie paar juweeltjies opsit vandag. Let op Jacob se sag vlesige dele in sy leeuloop-demonstrasie. Let op ander se gesigsuitdrukkings in die ander foto's. Jy kan maar sĂȘ dit was te verwagte. Hoop daar is nog baie.

Groetnis en dankie vir die lekker paartie, en al het ek my te goed gedra en hopeloos te nugter gewees, dit was great en hoop dit is 'n morsige jaar vir jou verder ou maat.


Comments:
Nou ja.....
 
ek so bly ek het dit 'n vroee aand gemaak...want ek dink as ek in daai foto's moes wees, so dit die week net 1 te veel vir my gewees het. stunning foto's en 'n great storie...

hou so aan...ek sal graag die foto's by jul wil kry as ek mag...en wanneer post eddy nou 'n mooi een oor sy bday.

ps. was dit marnus hulle wat nou nie wou kom nie? dis jammer. maar dis nou maar so.

ps. cj was klaar blyklik daar, maar hy het ons probeer bel en ons was sekker te gekuier gewees om agter te kom. funny, ek voel moer sleg om te dink ons het 'n goeie tyd gehad, en 'n makker sit daar op die dendron pad en soek na 'n plaas waar 'n groot party an die gang is...

weird
 
Post a Comment



<< Home

This page is powered by Blogger. Isn't yours?