Tuesday, October 10, 2006

 

Kyk vinnig en kyk weg.....

Its a boy. And What a boy!
Ja dis toe waar. Die Shepherds/Herders verwag toe 'n rammetjie. Klein Martin sal einde Februarie 2007 'n WP-hempie oor sy kop kan trek, ondanks Cas en Ed se pogings om die kleintjie van meet af 'n Blou Bulletjie te maak. In my opinie moet die laaitie self rugby speel vir Noord Transvaal eendag voor hy 'n bul-trui met my goedkeuring sal kan aantrek....

In die tweede plek, ek verneem Cas se sus het toe gelam, en Cas is nou oom. Die kleinding sal seker 'n Boog en 'n visstok vashou voor 'n dummy, ons sal moet sien. Geluk, ou Cas, selle aan jou sus.

In die derde plek verneem ek ook dat Casper nogal heel ge-ammusseerd is met die Nimmereindigende storie. Hy het die ding begin lees en mooi gevra dat ons almal weer moet skouer aan die wiel sit en verder skryf. Ek hoop ek kan almal oortuig, ek het solank self Hoofstuk 13 bygevoeg.

En laastens, om by die titel van vandag se blog te kom: Kyk vinnig en kyk weg, want hier volg 'n onaardige foto van die leeuloop. Ek kan nie onthou of dit op Ed se verjaarsdag was of nie, hiehie.

Comments:
hi daar, eks bly om te sien julle is terug in die land van die lewendes. baie geluk met die rakker wat oppad is. sien dit gat groot sports wees om oom te speel.
ek is ongelooflik besig en dinge raak net te veel op die stadium, so ek los die blog vir wanneer ek weer tyd het. maar glo my nimmereindig sal vir my weer sien. al is dit dalk eers oor 2 weke.
ek mis julle almal baie en hoop om jul gou weer te sien.
groete
die mnr.
 
Post a Comment



<< Home

This page is powered by Blogger. Isn't yours?